Sonskyhoekie Speelgroep
 

Profiel

Die Sonskynhoekie speelskool wil kleuters help om vir die lewe voor te berei.
Selfbeeld is 'n sleutelfaktor en dus kry die kleuter baie erkenning en waardering.
Die kleuter het 'n begeerte om die wêreld te ontdek en kry hier ruim geleentheid om dit te bevredig.
In 'n gestruktureerde omgewing word leersame stories vertel, vrae geantwoord, gesing en gedans.

 
Ingeborg het vroeg al kinders en kleuters versorg en sondagskool aangebied.

Sy het 'n diploma in kindersielkunde verwerf en het in die 80's 'n speelgroepie saam met haar eie kinders op Benoni se plotte bedryf.

Vanaf 1995 tot 2008 was sy die juffrou in 'n Montessoriskool by verskeie ouderdomsgroepe. Daar is sy in die Montessori beginsels opgelei en het dit heelhartig toegepas.

 Ingeborg

Die kinders floreer onder Inge se toesig vol van geduld en begrip

 

Speel-speel opvoedkundig

Tumbling Tigerz sport

Rekenaarklasse met StimuZone

Musiekklasse met Be Sharp Beetles

Buitelugaksie

 

Besoek ons op Facebook
Besoek ons op Facebook